Somtyds gebeur dinge presies soos dit moet.
In die omstandige waarin ons leef vandag, klink 'n stelling soos hierdie byna onwerklik en die mens se vermoe om jouself te verras is iets wat mens moet koester, want onvermydelik sal tyd vinnig afstand van die fokuspunt bring en dan begin jy weer van voor die wit rivierklippies op die voetpad val wat jou weer sal lei tot by die huis na die reis en groot is die verligting as jy weet jy't uit die vorige keer geleer en nie weer broodkrummels laat val nie!
Ek belowe al lank om iets op die Blog te skryf oor die nuwe CD, maar ek moet bieg tot vanaaand toe was ek nog ietwat oorweldig oor wat gebeur het gedurende die laaste 60 dae.
Toe ek vanoggend van die nuwe songs op radio hoor, toe besef ek maar ons het dit fokken regtig gedoen. Ek glo nie een van die mense in die band sal my kwalik neem as ek aan jou die leser met 'n oopgemoed kan verklaar dat teen Mei 2008 was die ekonomie besig om ons lekke voos teen die toue te bliksem. 'n Klomp klein goedjies het aanhoudend en vinnig na mekaar verkeerd geloop en geweldigdige finansiele druk veroorsaak. (Ons vat nog steeds houe, maar ons begin weer terug slaan!) In kort gestel was ons in die kak en gedwing om terug te kom aarde toe.
Dit was egter die beste ding wat kon gebeur het, want skielik was daar weer 'n band met ses lede en nie andersom nie. Ons het ophou soek na die broodkrummels wat ons weet ons gestrooi het (wat die mossies lankal gevreet het) en net die klippies begin sien en (soos beplan met die gooi daarvan) vinnig en maklik by die huis gekom!
Op 11 Julie 2008 by Cafe Barcelona het hierdie band weer op die verhoog geklim soos die eerste keer. Daar was 'n set met 8 splinter nuwe songs, wat soos 'n berg voor ons gestaan het ons is daar oor en wat my aanbetref was dit die eerste tree tot "Musiek vir die Agtergrond". Iets magies het daardie aand gebeur want die volgende oggend wen die Springbokke die All Blacks in Dunedin vir die eerste keer in die geskiedenis.
Vanaf 13 Julie tot en met 12 September het Klopjag 13 live shows gedoen, net meer as 8000 km gery, nege songs geskryf en arrange, 'n paar lenings gemaak, ons album se pre-produksie gedoen, 14 songs opgeneem, gemix en met 'n smile ingegee.
Noudat ek terugdink was dit byna onmoontlik, maar dit was vir my (met die uitsondering van die lenings) byna "effortless"!!!!!! Hetsy dit op die verhoog was of in die studio, die musiek het net gevloei, dit was soos asemhaal as mens net gesond raak na 'n verkoue. Dit was twee maande van my lewe wat ek altyd aan sal dink as 'n kruispad. Dit was back to basics, dit was grensloos, dit was mooi, dit was frustrerend, dit was baie vloek, dit was baie lag, dae van amper huil, dit was min slaap, dit was elke oomblik die moeite werd!
Klopjag se CD titels vertel die verhaal van die band. Dit was nooit doelbewus gedoen nie. Die rede hoekom ek dit noem is die feit dat met elke album in die verlede was daar 'n paar voorstelle vir albumname en na 13/02 (wat ons eerste show was) het ons besluit om die syfer element in al ons titels te sit. Snaaks genoeg het die titels wat gekies is, altyd verwys na 'n spesifieke tydperk in die band se storie hence "15de laan" (ons eerste band huis), "Album Drie" (voor die hand liggend) en "5"(Klopjag se 5de verjaarsdag) en die DVD "Aardklop 2007".
Dit is belangrik om verder te noem dat ons eerste titel was nie "13/02" nie, maar wel 'n kortspeler/EP getiteld "Koeldoppies, one night stands en ander slaaptydstories" hierdie EP was (dank vader) nie beskikbaar in winkels nie maar ons het dit wel by ons shows verkoop in die beginjare. Die rede hoekom ek dit noem is, dat Klopjag het begin as 'n projek met 'n konsep wat nie gekoppel was aan 'n toekomsplan, bepaalde image, of tydperk, of verwagting nie, dit was 'n eerlike poging om dit wat ons op die tyd gedoen het te dokumenteer, dit was in sy eenvoudigste vorm, iets om huistoe te vat vir mense wat ons vir R10 in 'n kroeg in Hatfield kom sien het en hopelik op grond daarvan weer sal kom kyk, miskien een of twee pelle saambring? Hierdie EP het mense verras en dit het mense fans gemaak tot vandag toe. Die songs op daardie CD het alles begin en was die eerste klippies op die reis.
Die bod het hierdie keer geval op "Musiek vir die agtergrond". Dit is toevallig ook die titel van een van die songs op die album, maar dis eerder die konsep van waaroor die song gaan as die song self, wat die skaal in hierdie rigting geswaai het. Die wonderlike ding van musiek en veral dan liriekgedrewe musiek, is juis die feit dat jy kan vat daarvan wat jy wil. Vir my is die feit dat die titel "Musiek vir die agtergrond" is, groei vanaf die fantasie van "Koeeldoppies, one night stands en ander slaaptydstories" tot die besef van waar my of dan Klopjag se plek in die groter prentjie van dinge is. Elke dag gaan mense deur 'n moerse klomp emosies en uitdaging en terwyl hulle daarmee besig is, is daar iewers musiek in die agtergrond, musiek wat dinge makliker maak, musiek wat laat onthou, musiek wat laat lag, laat dans, laat vergeet.
Vanaf die bestaan van opnames van musiek is dit 'n tydlose feit dat mense in musiek 'n toevlug vind. Sosiale studies wys dat 'n groot gedeelte van die moderne persoon se identiteit word gebou om die musiek wat hy/sy luister, dit beinvloed denkwyses, modegiere, debatte, geloof, wel byna elke faset van jou persoonlikheid.
Ek voel vanaand gelukkig en gemaklik in my vel en het die soet en suur van musiekmaak aanvaar en is geweldig trots om 'n bydrae te kon lewer tot "Musiek vir die agtergrond".
Mag dit reen waar jou beeste wei!
Sallas
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

2 comments:
Die idee van om nuut te begin en meer nog, die geleentheid daarvoor te kry, vul my nog altyd met hoop en opwinding na iets wat mens nog nie voorheen geken het nie! Daarom sien ek so uit na julle nuwe album - want dit klink of dit 'n meesterstuk gaan wees as ek lees van hoe die musiek net vanself na vore gekom het en hoe julle harte net daarin was.
Dis so lekker dat daar 'n band in die wereld is met wie 'n mens jouself kan identifiseer en so presies uiting gee aan wat jy dink en hoe jy voel.
Wens julle ontelbare seeninge toe met julle musiek wat julle maak en dat julle nie sal ophou nie, ten spyte van teespoed, want julle musiek vorm so 'n deel van die klankbaan van ons lewens.
Melissa
Die nuwe album is baie baie goed. Ek luister al vir 56 uur aan mekaar. Letterlik. Winamp is op repeat, even op dit geslaap. Baie goed. Dis so mooi om te sien hoe elke een van julle se skryfstyl nou al baie invidueel ontwikkel het en tog amazing saam werk as `n eenheid.
Musiek vir die agtergrond (die lied) is treffer. Vergeet en Vergewe natuurlik ook. Alles kom terug, is net so cool. Al jou Songs is so Klopjag soos wat Klopjag nog ooit was!
En ek wil nie Bob Dylan in die gesig vat nie, want ek is `n groot fan, maar julle skop sy gat. hehe! Baie baie cool. Ek is baie trots.
Een van min bands in die land wat nog dinge doen vir die regte redes. En ek is trots want ek het julle ondersteun van daai eerste album af, en ja, klopjag is soos `n kind nie net vir julle nie maar ook vir ons, die fans!
Geluk weereens. Ek hoop julle kan `n paar video's op MK van die album af.
Post a Comment