Friday, September 19, 2008

'n Eerste luister na 'n nuwe begin

Somtyds gebeur dinge presies soos dit moet.

In die omstandige waarin ons leef vandag, klink 'n stelling soos hierdie byna onwerklik en die mens se vermoe om jouself te verras is iets wat mens moet koester, want onvermydelik sal tyd vinnig afstand van die fokuspunt bring en dan begin jy weer van voor die wit rivierklippies op die voetpad val wat jou weer sal lei tot by die huis na die reis en groot is die verligting as jy weet jy't uit die vorige keer geleer en nie weer broodkrummels laat val nie!

Ek belowe al lank om iets op die Blog te skryf oor die nuwe CD, maar ek moet bieg tot vanaaand toe was ek nog ietwat oorweldig oor wat gebeur het gedurende die laaste 60 dae.

Toe ek vanoggend van die nuwe songs op radio hoor, toe besef ek maar ons het dit fokken regtig gedoen. Ek glo nie een van die mense in die band sal my kwalik neem as ek aan jou die leser met 'n oopgemoed kan verklaar dat teen Mei 2008 was die ekonomie besig om ons lekke voos teen die toue te bliksem. 'n Klomp klein goedjies het aanhoudend en vinnig na mekaar verkeerd geloop en geweldigdige finansiele druk veroorsaak. (Ons vat nog steeds houe, maar ons begin weer terug slaan!) In kort gestel was ons in die kak en gedwing om terug te kom aarde toe.

Dit was egter die beste ding wat kon gebeur het, want skielik was daar weer 'n band met ses lede en nie andersom nie. Ons het ophou soek na die broodkrummels wat ons weet ons gestrooi het (wat die mossies lankal gevreet het) en net die klippies begin sien en (soos beplan met die gooi daarvan) vinnig en maklik by die huis gekom!

Op 11 Julie 2008 by Cafe Barcelona het hierdie band weer op die verhoog geklim soos die eerste keer. Daar was 'n set met 8 splinter nuwe songs, wat soos 'n berg voor ons gestaan het ons is daar oor en wat my aanbetref was dit die eerste tree tot "Musiek vir die Agtergrond". Iets magies het daardie aand gebeur want die volgende oggend wen die Springbokke die All Blacks in Dunedin vir die eerste keer in die geskiedenis.

Vanaf 13 Julie tot en met 12 September het Klopjag 13 live shows gedoen, net meer as 8000 km gery, nege songs geskryf en arrange, 'n paar lenings gemaak, ons album se pre-produksie gedoen, 14 songs opgeneem, gemix en met 'n smile ingegee.

Noudat ek terugdink was dit byna onmoontlik, maar dit was vir my (met die uitsondering van die lenings) byna "effortless"!!!!!! Hetsy dit op die verhoog was of in die studio, die musiek het net gevloei, dit was soos asemhaal as mens net gesond raak na 'n verkoue. Dit was twee maande van my lewe wat ek altyd aan sal dink as 'n kruispad. Dit was back to basics, dit was grensloos, dit was mooi, dit was frustrerend, dit was baie vloek, dit was baie lag, dae van amper huil, dit was min slaap, dit was elke oomblik die moeite werd!

Klopjag se CD titels vertel die verhaal van die band. Dit was nooit doelbewus gedoen nie. Die rede hoekom ek dit noem is die feit dat met elke album in die verlede was daar 'n paar voorstelle vir albumname en na 13/02 (wat ons eerste show was) het ons besluit om die syfer element in al ons titels te sit. Snaaks genoeg het die titels wat gekies is, altyd verwys na 'n spesifieke tydperk in die band se storie hence "15de laan" (ons eerste band huis), "Album Drie" (voor die hand liggend) en "5"(Klopjag se 5de verjaarsdag) en die DVD "Aardklop 2007".

Dit is belangrik om verder te noem dat ons eerste titel was nie "13/02" nie, maar wel 'n kortspeler/EP getiteld "Koeldoppies, one night stands en ander slaaptydstories" hierdie EP was (dank vader) nie beskikbaar in winkels nie maar ons het dit wel by ons shows verkoop in die beginjare. Die rede hoekom ek dit noem is, dat Klopjag het begin as 'n projek met 'n konsep wat nie gekoppel was aan 'n toekomsplan, bepaalde image, of tydperk, of verwagting nie, dit was 'n eerlike poging om dit wat ons op die tyd gedoen het te dokumenteer, dit was in sy eenvoudigste vorm, iets om huistoe te vat vir mense wat ons vir R10 in 'n kroeg in Hatfield kom sien het en hopelik op grond daarvan weer sal kom kyk, miskien een of twee pelle saambring? Hierdie EP het mense verras en dit het mense fans gemaak tot vandag toe. Die songs op daardie CD het alles begin en was die eerste klippies op die reis.

Die bod het hierdie keer geval op "Musiek vir die agtergrond". Dit is toevallig ook die titel van een van die songs op die album, maar dis eerder die konsep van waaroor die song gaan as die song self, wat die skaal in hierdie rigting geswaai het. Die wonderlike ding van musiek en veral dan liriekgedrewe musiek, is juis die feit dat jy kan vat daarvan wat jy wil. Vir my is die feit dat die titel "Musiek vir die agtergrond" is, groei vanaf die fantasie van "Koeeldoppies, one night stands en ander slaaptydstories" tot die besef van waar my of dan Klopjag se plek in die groter prentjie van dinge is. Elke dag gaan mense deur 'n moerse klomp emosies en uitdaging en terwyl hulle daarmee besig is, is daar iewers musiek in die agtergrond, musiek wat dinge makliker maak, musiek wat laat onthou, musiek wat laat lag, laat dans, laat vergeet.

Vanaf die bestaan van opnames van musiek is dit 'n tydlose feit dat mense in musiek 'n toevlug vind. Sosiale studies wys dat 'n groot gedeelte van die moderne persoon se identiteit word gebou om die musiek wat hy/sy luister, dit beinvloed denkwyses, modegiere, debatte, geloof, wel byna elke faset van jou persoonlikheid.

Ek voel vanaand gelukkig en gemaklik in my vel en het die soet en suur van musiekmaak aanvaar en is geweldig trots om 'n bydrae te kon lewer tot "Musiek vir die agtergrond".

Mag dit reen waar jou beeste wei!

Sallas

Monday, September 15, 2008

Klaar...


Hallo daar almal...

Ek het heeltyd gewonder wanneer sal ek nou hierdie post skryf... As die opname klaar is? As ons klaar gestel en gepeuter het aan alles daarná? As die mixing en mastering ('n drie-dae-lange proses) gedoen is? As die geskrewe blink cd in my hand vashou vir die eerste keer? Of as ek die posters in Look 'n Listen sien hang? Dis moeilik... Daarom sal ek, om myself al die afwagting en emosionele teistering te spaar, nou voortgaan daarmee...

Ek is nou die trotse pa van 'n splinternuwe album genaamd Musiek vir die agtergrond
Sy is net 14.2857142857% myne, maar dit is genoeg om my danserig te maak. Die res van die blaam/eer behoort, in alfabetiese volgorde, aan:


  • Ali Heyns - Vervaardiger en menger.
  • Dawie de Jager - Sanger, skrywer, kitaarspeler, pianis en professionele koffiemaker.
  • Marie-Louise Pretorius - Sangeres, skrywer, tjellis, pianis en proffesionele Roos-tuusen-die-dorings
  • Morné Bam - Bass, sanger en (professionele) siniese kommentaar leweraar.
  • Salmon de Jager - Sanger, skrywer, bekfluitjiebeer en proffesionele Wii tenniskampioen.
  • Werner Griesel - Sanger, Roker, professionele drinker en ... dromme!

Daar is iets fout as 'n band nie kan sê: "Hierdie is ons beste werk" nie. Dit beteken dalk het hulle die visie verloor en dit is hoekom bands en kunstenaars dit selfs sal sê as hulle dit nie glo nie... In die hoop om tog vir iemand (en hulself) te flous. Ek vra myself altyd "Wat wil jy hê hieruit? Wat moet hierdie musiek waaraan jy skryf en wat jy sing, DOEN?" Die antwoord is eintlik maklik, maar die vraag vergeet mens soms... Ek wil net hê dit moet vir mense laat voel soos hoe ek voel as ek na musiek luister en totaal en al meegesleur word daardeur... Die res kan dit luister en dink "Dis nice" of hulle kan dit afsit en dink "WTF!?". Vir my hart maak dit nie saak nie. Vir my sak moet dit iets beteken, maar dan weer; as ek dit vir geld gedoen het sou dit anders geklink het en ek sou duisende daarvan verkoop het.

As jy hierdie Klopjag album in jou radio sit, ► druk en luister, hoop ek jy verstaan wat ek bedoel.


Cheers. Ek gaan nou tee maak. (danserig)

Monday, September 8, 2008

die pylvak...

Ons doen vandag die laaste song se vocals en dan backing vocals. Daar is nog 'n kitaarlyn of twee en 'n cellolyn of 2 en dan is ons KLAAR!

Sal julle op hoogte hou!

Ciao

jh

Thursday, September 4, 2008

All Along the ... Wat?






Ons het besluit om All Along The Watchtower op die nuwe album te sit. Dis 'n ou Bob Dylan song wat ons al vir jare doen en dis altyd vir ons lekker omdat ons dit lank uitrek sodat elkeen kan solo en sodat ons die dinamika van die song op die proef kan stel...

Ons weet nooit hoe dit gaan uitkom nie en skiet maar uit die heup uit!



'n Paar Watctower Facts wat jy dalk nie geweet het nie is:



  • Geskryf deur Bob Dylan
  • Bekend gemaak deur Jimi Hendrix
  • Bob Dylan het só baie van Hendrix se weergawe gehou dat hy dit op die Henrix-Manier begin sing het.
  • Ook ge-cover deur Lenny Kravitz, Pearl Jam, The Dave Matthews Band, U2, Eric Clapton, The Grateful Dead, Neil Young en Lady Selbourne
  • Die woorde "All I got is a red Guitar... " is deur Bono bygesit by 'n konsert.

In die ware Klopjag-gees... doen ons hierdie song as 'n mengelmoes van al die bogenomde mense, style en toevoegings asook 'n eie stekie hier en daar.

'n GREAT song en 'n eer om dit te kan doen.

jh



Posted by Picasa

Foto's 1

Hier is nog 'n paar foto's van Musiek vir die agtergrond in the making...





Posted by Picasa

Foto's 2




  
  
Posted by Picasa

Foto's 3




  
  
Posted by Picasa